|
|
|
|
Cum Laude - AfrikaansBREINPROFIELE CUM LAUDE Alleeneienaar : Dr Yvonne du Plessis [BA SOD Stell D Ed UPE]e-posadres : cumlaude1951@gmail.comselnommer : 084 589 2220
|
Contact info@nieubethesda.co.za or Phone 049 8411 401 / 082 579 1039 |
q Vir die afgelope 12 jaar, werk ek met Breinprofiele. Ek doen hierdie werk wanneer ek in Suid-Afrika is en ook wanneer ek oorsee is - met behulp van e-pos.
q Ek werk met die konsep, Breinvoorkeure. Wat is Breinvoorkeure? Breinvoorkeure verwys na ʼn persoon se unieke kombinasie van sterkpunte en swakpunte. Dit verduidelik die verskille tussen mense, hoekom mense op verskillende maniere dink en optree en hoekom sekere mense hou van en uitblink in sekere aktiwiteite en ander mense weer gemaklik voel met en presteer in ander aktiwiteite.
q Breinvoorkeure is die boublokke wat gebruik word, om ʼn persoon se Breinprofiel saam te stel.
q Breinprofiele gee raad en rigting i.v.m. vakkeuses, beroepskeuses en ander leefstyl-keuses.
q ʼn Breinprofiel bevestig nie net ʼn persoon se bekende en bestaande sterkpunte en suksesse nie, maar dit identifiseer ook ʼn persoon se verborge en onontwikkelde potensiaal.
q Breinprofiele gee vir mense selfvertroue en laat hulle goed voel oor hulself.
Enigeen tussen die ouderdomme van 12 tot 80, kan hierby baat !
Vir Gr 7-12 Leerders :
Vir Studente :
Vir Volwassenes (i.v.m. beroepe):
Vir Gesinne :
Vir Werkgewers :
q ʼn Leerder, student of volwassene voltooi ʼn Breinvoorkeure-vraelys wat ongeveer 1 uur neem. Ek doen die verwerking en interpretasie en identifiseer die individu se Breinvoorkeure. Daarna stel ek ʼn verslag saam van ten minste 10 bladsye – dit bevat die individu se Breinprofiel met o.a. ʼn grafiek en ʼn bladsy met 4 kolomme met persoonlike kenmerke, wat duidelik die persoon se sterker en swakker voorkeure uiteensit. Die persoon se Breinvoorkeure word dan gekoppel aan o.a. vakke, beroepe en leefstyl-keuses.
q Indien u sou belangstel om u eie, of iemand anders se Breinprofiel te laat doen, kies nou òf Opsie 1, òf Opsie 2, òf Opsie 3 hieronder :
OPSIE 1 : Dit kos R450-00. Die individu voltooi die vraelys en ontvang daarna ʼn verslag van ten minste 10 bladsye – alles per e-pos. Die individu ontvang, druk en bind dit self en lees dit deeglik deur. Die verslag bevat al die nodige inligting en is maklik om te verstaan. As daar enige verdere vrae is, stuur asb. vir my ʼn e-pos. Hierdie opsie werk baie goed.
OPSIE 2 : Dit kos R650-00. Die individu voltooi die vraelys per e-pos en by ʼn latere geleentheid vind daar ʼn opvolgafspraak van ten minste 30 minute plaas. Met hierdie afspraak ontvang die individu die gedrukte verslag van ten minste 10 bladsye en ek bespreek die uitslae persoonlik. Hierdie ontmoeting dien ook as die ideale geleentheid om die persoon te motiveer. Ek moet natuurlik vir Opsie 2 in Suid-Afrika wees en dit hang af of die kliënt na aan my woon, of bereid sal wees om te reis. Ek woon deeltyds op Stellenbosch (Wes-Kaap) en deeltyds op Nieu-Bethesda in die Karoo (Oos-Kaap). Vir my om ʼn persoonlike terugvoering te kan doen, moet u my asb. vooraf kontak om uit te vind presies wanneer ek in SA sal wees.
OPSIE 3 : Dit kos R500-00. Indien dit nader of meer gerieflik is, kan u deur een van my Cum Laude konsultante werk. Ek doen persoonlik die interpretasie en samestelling van die Breinprofiel en die konsultant hanteer die betaling, die uitdeel van die vraelys en die terugvoering. Daar is geen goedkoper Internet opsie beskikbaar as u deur ’n konsultant sou werk nie. Kontak asb. een van hierdie konsultante direk.
[1] Gerda van Schalkwyk in Port Elizabeth by 084 300 8337 of gpanache@yahoo.com
[2] Petro Barnes op Queenstown by 084 585 7771 of kaliebarnes@yahoo.com
[3] Amey Crouse in die Graaff-Reinet distrik by 082 678 7229 of jjt@wam.co.za
[4] Emmie Marx op Burgersdorp by 082 571 0011 of basiemarx@mweb.co.za
Indien u Opsie 1 of Opsie 2 hierbo kies, volg asb. nou hierdie instruksies :
(i) Naam van die persoon wat getoets wil word
(ii) Ouderdom
(iii) Taalvoorkeur (Afrikaans of Engels)
(iv) Naam van skool (in die geval van ʼn leerder)
(v) Graad (in die geval van ʼn leerder)
(vi) e-posadres
(vii) Selfoonnommer
(viii) Een ander kontaknommer
(ix) Presiese bedrag en datum van inbetaling.
Dit is nooit te laat om u Breinprofiel te laat doen nie. Maar hoe vroeër (reeds vanaf Gr 7), hoe beter ! Dit gee vir leerders, studente en volwassenes selfkennis en selfvertroue en dit gee veral vir hulle rigting in die lewe.