*****
|
|
Ons
huidige orreliste, Mev. Elise Pienaar is al vanaf 1978 in diens – dus 26
jaar – en het nog nooit verlof geneem nie.
|
|
|
Die
belydende lidmaattal beloop tans 44 waarvan 13 Pienaars en 10 Wolfaardts
is.
|
|
|
44%
(21) van die lidmaattal is ouer as 50 jaar en 23% (10) is studente wat
voltyds elders studeer.
|
|
|
Daar
is huidiglik slegs 10 dooplidmate in die gemeente (kinders jonger as 17
jaar)
|
|
|
Die
grense van die gemeente loop vanaf Kareelaagte in die ooste, vanaf
Pampoenfontein in die noorde (Middelburg kant), Damesfontein in die weste
en Steilkrantz en Dorsfontein (Graaff-Reinet kant) aan die suide.
|
|
|
Die
sustentasie fonds is in 1911 in die lewe geroep met 600 pond, dit staan
nou bekend as die reparasiefonds en beloop meer as R100 000
|
|
|
Die
gemeente dra jaarliks meer as R100 per lidmaat by tot Bybelverspreiding
|
|
|
Die
gemeente se sinodale bydrae per lidmaat is ook van die hoogste in die
Ring.
|